STADL00184 - Die pad terug na genesing

Stadl Art

STADL00184 - Die pad terug na genesing

Regular price R 67,777.00

Hy was uitgeroep en het in die oorlog baklei

Agt maande later is sy seun gebore

Hy was nie daar om die eerste huil te hoor nie

 

Die oorlog, die pyn, die geweld het hom gebreek

Hy het die liefde van sy lewe minder en minder briewe geskryf,

Minder kontak gemaak

 

Die las op sy skouers het swaarder geraak, Hy het homself verwyt en die dae

Maande, en jare het verby gegaan

Hy kon Al Huis toe gegaan het… Na

Sy liefde, sy seun

 

Vandag is sy seun se 4de verjaarsdag

Hy het die trane afgevee

Die las van sy skouers afgesny

 

Hy het ‘n brief aan haar geskryf

En 2 maande gewag. Sy het nooit terug geskryf nie.

Het sy n ander liefde gevind? Haat sy hom. Het sy getrek en nooit die brief gekry nie.

 

Hy sit tans nou by die stasie met sy oorlogshond, die hond wat hom gered het, en… hom gered het.

Hy het vir sy seuntjie ‘n teddy beertjie gekoop. Hy gaan hulle vind en onvergifnis vra…

‘ Man vir haar wees, ‘n Vader vir sy seun.