Daardie aand het hy ‘n prioriteit gehad,
En dit was om die wêreld beker eindstryd te gaan kyk saam met die manne.
Sy dogtertjie het gesing dieselfde aand in die kuns teater.
Dit was haar pappa se gunsteling lied.
Hy het gereel met vroulief om saam met haar te gaan,
Dis darem net een aand, een liedjie.
Dit was haar eerste optrede voor’n gehoor,
Sy het gewens haar pappa was daar…
Pappa het die meisies in sy lewe nooit weer gesien nie.
Die pad was glad, reën en wind het gestorm.
Sy span het gewen, maar sy dogtertjie sal hy nooit weer hoor sing,
En die warmte van sy vrou voel..