STADL0192- Die lewenslange dienslewering...en toe die opstopping

Stadl Art

STADL0192- Die lewenslange dienslewering...en toe die opstopping

Regular price R 44,444.00

Hy het sy hele lewe opgeoffer,

Dekades lank geslaaf en die toegewyde oortyd ingesit.

Die dag wat hy onbruikbaar geword het,

Was die laaste dag van vriendelikheid en respek.

Hulle het hom opgestop en wiele op hom geplaas.

Die ouetehuis was dankbaar vir die speelding.

Toe oupa Hasie op sy rug spring en rond ry met hom in die speelsaal,

Kom hy tot ‘n stilstand en fluister in die hond se oor:

“As jy jouself omring het met mense wat jou sal versorg en help as jy hul nie meer kan help nie,

Sou jy nog lewend gewees het…”